Lughawe-personeel dupliseer vlugroetine vir outistiese seun

heathrow’n Groep spesiale personeellede van die Heathrow-lughawe doen die afgelope vyf jaar die bykans ontmoontlike vir ’n Britse outistiese seun wat vier keer per jaar die lang reis na Amerika moet aanpak.

Aaran Steward (21) is outisties en ly boonop aan obsessiewe kompulsiewe gedragsversteuring. Hy is ’n leerling van die Boston Higashi hoërskool in Amerika en moet daarom vier keer per jaar van Brittanje na Amerika reis.

Stewart kan veranderings in sy omgewing en roetine glad nie hanteer nie. Daarom doen ’n groepie personeellede van die Heathrow-lughawe die afgelope vyf jaar baie moeite om Stewart se eerste vliegervaring van vyf jaar gelede, toe hy die eerste keer na Amerika gereis het, vier keer per jaar presies te dupliseer.

Stewart ontmoet elke keer dieselfde lughawe-personeellid by dieselfde toonbank, besoek dieselfde winkels, sit op dieselfde vliegtuigsitplek en vertrek selfs altyd van dieselfde hek – hek A10.

Sy ouers, Ian en Amanda Steward, is vol lof vir die spesiale personeelkorps wat ten spyte daarvan dat Heathrow een van die besigste lughawens ter wêreld is,  nog elke keer daarin kon slaag om hul seun veilig op die vliegtuig te besorg.

Bron: BBC (www.bbc.co.uk)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

‘n Mooi storie wat die goedheid in mense mooi uitbring.

Amy ·

Baie dankie vir die mooi verhaal. Sal seker nooit in SA gebeur nie. Te veel van die personeel sal besig wees om te staak. Veral die ‘hoofgheilige’ SAL wat dink hulle is ‘onaantasbaar’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.