Lugkastele verbrokkel gou ná SA-man Lotto “wen”

‘n Suid-Afrikaner se blydskap nadat hy die Lotto “gewen” het, was van korte duur toe hy geskok moes verneem ʼn koerant het die verkeerde nommers publiseer.

Donald Mothibe (40) van Johannesburg het Maandag die Lotto-nommers in die Sowetan-koerant gesien en kon sy oë nie glo nie, berig The Star. Die nommers 1, 3, 14, 26, 31 en 46 het ooreengestem met die nommers wat op sy kaartjie was. Hy het ʼn kollega gevra om dit saam met hom na te gaan, wat dit ook bevestig het. ʼn Derde kollega het dit ook bevestig.

Mothibe het al gedink hoe hy die geld gaan spandeer en het onder andere beplan om ʼn huis te koop. Die blydskap was egter van korte duur. Mothibe het ʼn ander kollega gevra om op die Lotto se webwerf te kyk hoeveel geld in die boerpot was en moes toe die skokkende nuus hoor – die koerant het die verkeerde nommer gepubliseer en hy het nie die Lotto gewen nie.

Hy mos ʼn stoel gryp en sit om die nuus te verwerk. “Ek was stukkend. Net voor dit het dit gevoel of ek ʼn miljoenêr was. Ek het geweet my lewe gaan verander net om uit te vind dit is nie so nie. Ek blameer die koerant wat my mislei het,” het ʼn hartgebroke Mothibe gesê.

Thembi Tulwana van die loteryoperateur, Gidani, sê hulle kan ongelukkig nie vir Mothibe vergoed nie, aangesien dit die Sowetan se fout was. Die koerant het Dinsdag ʼn verskoning publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie Botha ·

Ek het dit al verskeie male oorgekom,,,,,,,,,,,,,,,in drome,dan word ek wakker in die oggend!

Mientjie ·

Shame en jy sal maar sukkel om Klaasvakie in die hof te kry! :)

Paul ·

As ek nou ‘n Amerikaanse prokureur was, het ek die ou aangeraai om die Sowetan te dagvaar vir “mental anguish” of so iets.
Ek dink die Sowetan kan die ou sommer net uit hul eie so paar rand gee, selfs al is dit net R5 000 of R10 000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.