Lugmagbaas pak swak dissipline

Argieffoto

Argieffoto

Die SA Lugmag (SALM) het Donderdag aangekondig dat hy strenger dissipline op alle lede gaan toepas.

Lt.kol. Fabian Zimpande Msimang, die hoof van die SALM, het aan joernaliste by die Waterkloof-lugmagbasis gesê hulle gaan fokus op die fundamentele elemente van dissipline wat deur lede oor die afgelope tyd “afgeskeep” is. “Ons moet ‘n nuwe kultuur instel wat organisering, opleiding, toerusting, leierskap, opvoeding, en geriewe insluit,” het hy gesê.

“Adjudant-offisiere by magte wees om teen swak dissipline op te tree.”

Hy het gesê lugmagpersoneel en -eenhede moet “in die nuus wees” vir gedrag wat ʼn hoë SALM-standaard vertoon. “Die standaard van dissipline moet reëlmatig wees oor al die operasionele en institusionele afdelings heen. Ons moet weer terugkeer na die grondslag om in ʼn professionele weermag te dien.”

Vaardighede ontwikkeling en die behoud daarvan, gaan ook aandag geniet.

“Ons het met ons eie uitgebreide plan begin wat maatreëls insluit vir die werf, ontwikkeling en behoud van skaars vaardighede soos menslike hulpbronne. Ons strategiese vennootskap met die plaaslike lugvaartbedryf is van kritieke belang om ‘n volhoubare lugvaartbedryf te verseker,” het hy gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JD ·

‘n Lt-Kol. se rang is te laag om die bevelvoerder van die SALM te wees. Heelwaarskynlik sal dit ‘n Lt-Gen. moet wees. Nietemin…dit is goeie nuus dat hulle dissipline wil aanspreek! Hoog tyd!!!

Eben ·

Fabian Zimpande Msimang van watter range praat jy hier … sluit dit jou ook in? En wat van omligginge landing op weermags lughawes? Terloops vertel ons, julle het in n 1994 n goeie Lugmag geerf … wat het skeef geloop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.