
Die hoof van die lugmag, luitenant-generaal Carlo Gagiano, wat die afgelope week sy bedanking ingedien het.
Beeld berig daar is aanvanklik gevrees dat Gagiano ʼn hartaanval gehad het. Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, het volgens haar woordvoerder reeds blomme vir Gagiano gestuur en sal hom so gou moontlik besoek. Gagiano en die sekretaris van verdediging, Mpumi Mpofu, het vroeër die week hulle bedankings ingedien by Sisulu. Die bedankings kom na ʼn reeks voorvalle met adjunk-president Kgalema Motlanthe se lugvervoer. Volgens berigte weier Sisulu om Gagiano se bedanking te aanvaar. Opposisie partye het ʼn volle verduideliking geëis rakende die bedankings.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
the general made a very good job troughout the years.hope he recovers soon.