Lugmaghoof in hospitaal na bedanking

Die hoof van die lugmag, luitenant-generaal Carlo Gagiano, wat die afgelope week sy bedanking ingedien het.

Die hoof van die lugmag, luitenant-generaal Carlo Gagiano, wat die afgelope week sy bedanking ingedien het, word reeds die afgelope drie dae in 1 Militêre Hospitaal vir erge stres behandel.

Beeld berig daar is aanvanklik gevrees dat Gagiano ʼn hartaanval gehad het. Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, het volgens haar woordvoerder reeds blomme vir Gagiano gestuur en sal hom so gou moontlik besoek. Gagiano en die sekretaris van verdediging, Mpumi Mpofu, het vroeër die week hulle bedankings ingedien by Sisulu. Die bedankings kom na ʼn reeks voorvalle met adjunk-president Kgalema Motlanthe se lugvervoer. Volgens berigte weier Sisulu om Gagiano se bedanking te aanvaar. Opposisie partye het ʼn volle verduideliking geëis rakende die bedankings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rassehund ·

the general made a very good job troughout the years.hope he recovers soon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.