Lugmagpersoneel moet bonusse terugbetaal

Omtrent 200 lugmagpersoneellede wat vir Desember per abuis prestasiebonusse betaal is, moet dit nou terugbetaal.

Beeld berig ʼn brief word tans intern sirkuleer waarin die lugmag melding maak dat die bonusse verkeerdelik toegeken is. Baie van die soldate wat hierdeur geraak word, is reeds met vakansie en sal eers dié brief ontvang wanneer hulle in Januarie terugkeer werk toe. Lede wat nog by die werk is, het aan die dagblad gesê hulle het met hul prokureurs vergader en sal tot in die hof gaan veg, want die brief is glo onwettig.

Die lugmag betaal gewoonlik prestasiebonusse aan die begin van elke jaar, maar vanjaar is dit per abuis saam met die lede se Desembersalarisse oorbetaal. Volgens die brief gaan die bonusse in Januarie van die personeel se salarisse verhaal word. Woordvoerders van die lugmag was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.