Lugskou-ongeluk: Vlieënier na JHB oorgeplaas

Foto: @lookoutcrime op Twitter

Foto: @lookoutcrime op Twitter

OPVOLG: ‘n Woordvoerder van die familie het aan Maroela Media bevestig Glen Dell is Saterdagmiddag oorlede. Klik hier om meer te lees.

ʼn Kunsvliegvlieënier wat Saterdagoggend omstreeks 11:00 in ʼn vliegongeluk was by die Secunda-lugskou in Mpumalanga, word oorgeplaas na Sunninghill-hospitaal in Johannesburg.

EWN berig die vlieënier is op lewensondersteuning geplaas en is steeds in ʼn kritieke toestand.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het by die lugskou plaasgevind nadat die Red Bull Extra-vliegtuig nie uit ʼn duikbeweging kon optrek nie.

Die identiteit van die vlieënier is nog nie bevestig nie, maar na bewering is dit die baie bekende kunsvliegvlieënier, Glen Dell, wat in die ongeluk betrokke was.

Werner Vermaak van ER24 het gesê die vlieënier het erge brandwonde opgedoen.

Lees ook:
Foto’s: Vliegongeluk by Secunda-lugskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marcia ·

Laat my terug dink aan die vlieg ongeluk by PC pelser lughawe in Klerksdorp.. Die vrees en afwagting is genadeloos.. Dan die aankondiging- die vlieenier het nie oorleef nie.. Die vliegtuig tol en duik– in die grond in.. Een helse slag en ontploffing.. Dankie maar nee dankie vir lugskoue.. Ek is genees van die soeke na lugskou toertjies.. Baie sterkte aan die vlieenier…

Gerhard ·

Sopas gehoor Glen Dell het ongelukkig beswyk aan sy wonde. Tragiese dag vir Suid Afrika. Mag daar troos en berusting vir sy familie en vriende wees in die wete dat hy heengegaan het terwyl hy sy passie uitgeleef het

F Marais ·

So pas na video van die ongeluk gekyk. Die brandweer was uiters stadig en traag om die brand te blus by die wrak…tydgeneem om uit te klim, rond te kyk, baadjie aan te trek en rond gestaan ..slegs fie 2de voertuig se insittendes het hulle basse geroer om die brand te blus..
Die bestuurder van die eerste voertuig hoort nie daar nie!

F Marais ·

Wil graag ook my innige meegevoel betuig aan familie en vriende van Glen…mag die Allerhoogste julle dra deur hierdie baie moeilike tyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.