Lui posman versamel 400kg pos

Argieffoto

‘n Posman van die Italiaanse eiland Sardinië, wat lief is vir partytjies, was glo te “lui” om pos in die oggende af te lewer en het sowat 400kg se posstuke in sy huis versamel.

“Inwoners kla al lank by die polisie dat hulle honderde stukke belangrike dokumente nie ontvang nie, het Gianni di Carlo, plaaslike polisiebeampte, aan AFP gesê. “Ons is na sy huis toe en het op ‘n groot hoeveelheid pos in sy motorhuis afgekom. Ons het posstukke van sowat 400kg altesaam opgespoor.” Sommige van die posstukke dateer glo tot vier jaar gelede.

Die 50-jarige posman in Mores, ‘n dorpie van 2 000 mense in Sardinië, staar tot drie jaar gevangenisstraf in die gesig vir “pos-diefstal”.

“Hy het soos ‘n goeie ou gelyk, maar hy het laat aande gehad en bietjie te veel gedrink. Miskien is dit hoekom hy so lui was,” het Fidel, eienaar van ‘n plaaslike hotel, gesê.

“Ek dink hy wou net nie werk nie,” het ‘n plaaslike haarkapper gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henrietta Klaasing ·

Ek dink met die posstaking hier by ons wat sowat drie maande geduur het, het “lui” poswerkers TONNE pos laat ophoop. Ek het in die week nog ‘n posstuk gekry met die datum 1 Maart 2013 binne in geskryf. In Maart was my posbus tot oorlopens toe vol en het ek oorsese kerskaarte gekry wat vroeg in November in die VK en VSA gepos was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.