Luiperd in Noordwes opgemerk

Foto: Wikipedia

Die polisie het ʼn beroep gedoen op inwoners van Swartruggens en die Groot Marico-omgewing in Noordwes om op die uitkyk te wees vir ʼn luiperd wat in die omgewing opgemerk is.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die luiperd is Maandagoggend omstreeks 5:40 naby die N4 gewaar. Ngubane sê die luiperd het glo ontsnap van ʼn plaas in die Sterkstroom-area. Die polisie het ʼn beroep gedoen op die publiek om hul plaaslike polisiekantoor te kontak indien hulle die luiperd gewaar.

Groot Marico SAPS Tel: 014 503-0069/5.

Swartruggens SAPS Tel: 014 544-0002.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.