LUR glo in bloulig-botsing betrokke

Rosina Semenya, LUR vir landbou in Limpopo, was glo die week in ʼn botsing betrokke nadat die bestuurder van haar ampsmotor glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het.

The Star berig dat die botsing Woensdagaand in Polokwane plaasgevind het. Die bestuurder van Semenya se Mercedes Benz het glo ʼn rooilig verontagsaam. Die motor het volgens ooggetuies ʼn bloulig opgehad maar nie ʼn sirene nie. Volgens die berig moes Semenya glo ʼn geleentheid by die Polokwane-skougronde bywoon en is die geleentheid vertraag oor sy laat was. Volgens ooggetuies is Semenya direk na die ongeluk deur haar lyfwagte van die toneel verwyder. Selby Makgotho, woordvoerder van die departement, het Semenya glo by die toneel kom oplaai. Makgotho het aan die koerant bevestig dat daar ʼn ongeluk was maar ontken dat Semenya in die motor was en sê sy was reeds by die geleentheid. Hy het ook ontken dat hy Semenya by die toneel opgelaai het. Die polisie het nie bevestig of ontken dat Semenya in die motor was nie. Die ongeluk word ondersoek.

Lees meer hier.

BRON: The Star

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

die pokn gud dink hulle kan ry soos hulle wil. ons kry hulle baie op die highway. gud mut verbied word op die pad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.