Die ANC sê in ʼn verklaring die ongeluk het op die N6 in Reddersburg plaasgevind. Kolisile (40) was op pad na ʼn begrafnis in die Oos-Kaap. “Die ANC in Gauteng betuig sy meegevoel met die familie en naasbestaandes. Dit is ʼn reuse tragedie en die polisie stel steeds ondersoek in na die wat die ongeluk veroorsaak het.” Die ANC sê die party het ʼn “groot en onbaatsugtige” leier verloor. Die DA in Gauteng en die Jong Kommunisteliga het hul skok uitgespreek oor Kolisile se dood.
LUR, lyfwagte sterf in ongeluk
Die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Nkosiphedule Kolisile, en twee lyfwagte is Saterdag in ʼn ongeluk in die Vrystaat oorlede.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
3 Kommentare
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
‘n LUR met lyfwagte ? Gautengse LUR ….. Reddersburg …. met lyfwagte ???? Defnitief die verkeerde afrit gevat.
Ek bedoel. Lyfwagte saamvat na ‘n begrafnis toe ??
lekker. hulle verdiende loon