LUR-motor maak glo plek vir ambulans voor botsing

Nkosiphedule Kolisile

Die ongeluk waarin die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Nkosiphedule Kolisile, en twee lyfwagte Saterdag dood is, was ʼn botsing reg van voor teen ʼn vragmotor.

Nomvula Mokonyane, die premier van Gauteng, het aan verslaggewers gesê die LUR se motor het glo na die aankomende verkeer se baan beweeg om plek te maak vir ʼn ambulans. Die botsing het op die N6 in Reddersburg plaasgevind. Kolisile (40) was op pad na ʼn begrafnis in die Oos-Kaap. “Hulle is op die toneel dood. Die ambulans het nie gestop nie.” Kolisile se lyfwagte konst. Tshepo Jobo en sers. TebogoMotsei is ook in die botsing dood. Mokonyane sê die families is in kennis gestel. ʼn Afvaardiging van die Gautengse uitvoerende raad het Kolisile se vrou Saterdag besoek. “Die familie en naasbestaandes sal die liggame moet gaan uitken.” Mokonyane sê Kolisile sal ʼn amptelike provinsiale begrafnis ontvang.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het intussen versoek dat die ondersoek na die ongeluk bespoedig moet word. Sy sê die Padverkeerbestuurskorporasie het ʼn span ongeluk en rekonstruksie-kundiges na die ongelukstoneel gestuur om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trudie ·

Hoe beweeg mens voor aankomende verkeer in?? Jy probeer links uit die pad kom!!

Sarie van Niekerk ·

Die storie klink vir my maar baie verdag. Ek ken nie die pad daar nie, maar mens swaai mos nie reg in die pad van aankomende verkeer in as jy plek maak vir ‘n aankomende ambulans nie, was daar nie plek na die anderkant waarheen hy kon uitswaai nie. Die bestuurders van die voertuie wat politici vervoer is mos meesters daarin om ander mense van die pad te druk en net voort te jaag sonder om om te gee of daar spasie vir hulle is om verby te gaan of sonder om die ander padverbruikers geleentheid te gee om plek te soek om uit te swaai sodat die kavalkade met die blouligte kan verby jaag, nou weet die politici ook hoe dit voel. Hulle was op pad na ‘n begrafnis toe. Was dit ‘n ampsmotor gewees, was dit ‘n amptelike begrafnis gewees. Hoekom het hulle dan per motor afgejaag, kon hulle nie maar gevlieg het nie. Was daar geleide motors gewees? Ek hoop die opposisie in Gauteng se wetgewer gaan al die vrae vra. Was hy in sy amptelike hoedanigheid in die motor gewees?

Chris V ·

Eish… bestuurder moes eerder net vet gegee het om voor die ambulans te bly tot dit veilig was om uit die pad te kom sou ek se

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.