LUR ondersoek oor ‘misbruik’ van helikopter

Sibongiseni Dhlomo. Foto: http://www.kznhealth.gov.za/minister.htm

Die openbare beskermer het ‘n ondersoek na die KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid van stapel gestuur nadat hy glo die provinsie se enigste noodhelikopter misbruik het.

LUR Sibongiseni Dhlomo het glo in November verlede jaar die helikopter gebruik om ʼn begrafnis by te woon. Dhlomo se gebruik van die helikopter het glo tot gevolg gehad dat ʼn tiener wat ernstig beseer is in ʼn motorongeluk nie vinnig genoeg na ʼn hospitaal kon vervoer word nie. Die Sunday Tribune het destyds berig dat Asheen Maharaj (15) breindood verklaar is na die ongeluk waarin sy ouers, Ashnee en Ashwin, en suster Asheena dood is. Asheen is ʼn week later in die hospitaal dood. Dhlomo het paramedici gekritiseer omdat hulle Maharaj nie na die naaste hospitaal geneem het nie terwyl Dhlomo gekritiseer is omdat hy die helikopter gebruik het wat Maharaj se lewe kon red. Volgens paramedici kon Maharaj se lewe moontlik gered word indien hy onmiddellik na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban vervoer is. Dit vat glo langer as ʼn half uur om die hospitaal met ʼn motor te bereik en moes Maharaj noodgewonde só vervoer word toe die helikopter nie beskikbaar was nie. Dhlomo het destyds aan die koerant gesê dat hy ʼn mediese dokter is en dat hy die helikopter kan gebruik soos hy goeddink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.