LUR ontken dat daar nie handboeke is nie

Dickson Masemola, LUR vir onderwys in Limpopo, het die DA se bewering dat daar skole in die provinsie is wat nog nie handboeke ontvang het nie, ontken.

Pat Kgomo, Masemola se woordvoerder, sê die LUR het nie na skole verwys nie maar wel gesê dat daar miskien sommige leerders by sekere skole is wat nog nie handboeke het nie. Kgomo sê dit beteken nie dat daar nie handboeke by sommige skole is nie maar dat daar dalk te min handboeke by van die skole is. Desiree van der Walt, DA-LP, het vroeër gesê dat Masemola in die Limpopo-wetgewer erken het dat talle skole in Limpopo nog nie handboeke ontvang het nie. Van der Walt sê die DA het ʼn brief aan Masemola geskryf en hom versoek om bekend te maak watter skole, grade en vakke word geraak. In 2012 het sommige skole in Limpopo vir die eerste sewe maande van die jaar nie handboeke gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.