LUR probeer glo joernalis omkoop

LUR Clifford Motsepe

Die LUR vir huisvesting in Limpopo, Clifford Motsepe, het glo ʼn joernalis van City Press probeer omkoop.

City Press berig dat Motsepe Vrydag hulle verslaggewer Sipho Masondo probeer omkoop het. Motsepe het egter ontken dat hy Masondo probeer omkoop het. Volgens die berig het Motsepe se regsverteenwoordigers Saterdagaand daarop aangedring dat City Press nie die artikel publiseer nie. Motsepe moes die afgelope week bontstaan om vrae te antwoord nadat The Star berig het dat daar na bewering met tenderdokumente gepeuter is ten einde ʼn R900 miljoen behuisingskontrak aan maatskappye, wat glo deur vriende van die voormalige ANC-jeugligaleier Julius Malema besit word, toe te staan. Motsepe het glo Vrydag vir Masondo na sy huis genooi. Die “vergadering” het glo sowat 30 minute geduur waarna die twee na die huis se voordeur geloop het. “Motsepe het sy hand in sy sak gesteek en kontant uitgehaal wat met ʼn rekkie vasgemaak was. Hy het dit vir my probeer gee en iets gesê soos ‘dit is vir brandstof vir die naweek’,”. Volgens die City Press het Masondo ʼn beëdigde verklaring onder eed onderteken na afloop van die voorval. “Ek het aan hom gesê ek kan nie die geld aanvaar nie. Ek het gesien daar was ʼn aansienlike bedrag. Ek kon sien daar was R100 en R200-note.” Motsepe beweer dat hy slegs gesê het: “Sou hy [Masondo] enige hulp van ons kamerades in die provinsie nodig hê, hy na my toe kan kom. Tensy hy op een of ander manier verkeerd verstaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.