LUR: ‘Steynsburg en Burgersdorp se krag bly aan’

Steynsburg en Burgersdorp in die Oos-Kaap se kragtoevoer sal nie afgesny word nie, het die LUR vir plaaslike regering in die provinsie, Mlibo Qoboshiyane, gesê.

Qoboshiyane sê die departement is in kennis gestel dat die Gariep-munisipaliteit ʼn ooreenkoms met Eskom aangegaan het rakende sy skuld van R5 miljoen. Inwoners van die twee dorpe het vroeër die week kennisgewings van Eskom ontvang waarin hulle meegedeel word dat die kragtoevoer na die dorpe Donderdag afgesny gaan word. Qoboshiyane sê die departement het ook ʼn brief aan Eskom geskryf waarin hy die kragvoorsiener gerusstel dat die departement die munisipaliteit sal monitor. Die munisipaliteit sal drie gelyke maandelikse paaiemente betaal van einde Maart tot einde Mei. Die burgerregte organisasie, AfriForum, het Woensdag aangekondig dat inwoners van Burgersdorp en Steynsburg met ʼn dringende hofaansoek in die Oos-Kaapse hooggeregshof in Grahamstad sal bystaan ten einde te keer dat die dorpe se kragtoevoer deur Eskom afgesny word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.