LUR was in ampsmotor toe dit matriekseun tref

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die Gautengse LUR, Humphrey Mmemezi, was in sy ampsvoertuig toe dit Saterdagoggend ʼn matriekseun in Krugersdorp aan die Wes-Rand omgery het.

Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se kantoor het Dinsdag bevestig dat hy in die motor was. Hy is glo onmiddelik van die toneel verwyder en na ʼn dringende afspraak gehaas. Thomas Ferreira (18) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy Saterdagoggend op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur ʼn wit BMW X5 raakgery is. Die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane het intussen Dinsdag Ferreira se familie besoek en gesê die provinsiale regering sal Thomas se mediese koste dra. Thomas word in die Krugersdorp-hospitaal behandel nadat hy onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein opgedoen het. Volgens ʼn ooggetuie, Lizanne van Wyk, het die BMW ʼn rooi verkeerslig verontagsaam. Die motor het glo nie sirenes gehad nie maar wel ʼn blou lig. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.