Luukse dakwoonstel vir R55 miljoen verkoop

Die One & Only-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad. Foto: Google Street View

Die laaste van drie luukse dakwoonstelle van die One & Only-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad is aan ʼn Nigeriese sakeman vir R55 miljoen verkoop.

Die Sunday Times berig dat die gekombineerde waarde van die drie luukse dakwoonstelle R228 miljoen is. Dié reuse vierslaapkamer dupleks-dakwoonstelle is op die boonste vloer van die hotelmagnaat Sol Kerzner se luukse hotel geleë. Die eerste dakwoonstel is in 2008 vir R110 miljoen verkoop, glo aan ʼn sakeman van Londen. Dit is volgens berigte die meeste wat nog vir ʼn eiendom in Suid-Afrika betaal is. Die verkoop van die tweede dakwoonstel is glo verlede week geregistreer en glo vir R63 miljoen verkoop. Die dakwoonstelle het elk hul eie private hysbakke en ʼn swembad-terras en spog met ’n panoramiese uitsig van Tafelberg. Die dakwoonstelle is tussen 800m² en 1440m².

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

catherine ·

I’m so happy for them.
Maybe now they can afford to finally award me the prize I won over two years ago of a two-night stay worth nearly R24 000.

They are quite useless. How does one sue to get a competition prize? I’ve never heard of anyone doing that.

Catherine

Ian Manley ·

Dear Catherine,

My agency represents One&Only Cape Town. Please do be in touch with me directly so that we can solve your complaint.

Kind regards,

Ian
Ian Manley
0861 MANLEY (626 539)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.