Die luukse Cybele Forest Lodge and Health Spa buite Nelspruit in Mpumalanga, moes sy deure sluit ná ‘n grondeis afgedwing is.
Die 120 hektaar eiendom waarop Cybele gebou is, is vir R17 miljoen deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gekoop en op 13 Maart aan die Manzimhlophe-gemeenskap oorhandig, het ʼn SAPA korrespondent Dinsdag berig.
Die luukse lodge, wat in 1979 oopgemaak het, het Sondag sy deure gesluit.
Rupert Jeffries, die lodge se direkteur, het in ʼn verklaring gesê die regering kon nie daarin slaag om ʼn strategiese vennoot te vind om die lodge saam met die gemeenskap te bestuur nie en dit het daartoe gelei dat die lodge moes sluit en 45 mense hul werk verloor het.
Mtobeli Mxotwa het gesê die departement is besig om die gemeenskap te help om vennootskap-opsies met beleggers te bespreek. Mxotwa het gesê daar is reeds ʼn vergadering belê met ʼn belegger wat “belangstel” in ʼn moontlike vennootskap.
Hierdie is nie die eerste keer wat grondeise veroorsaak dat lopende besighede hulle deure moes toemaak en talle mense hulle werke verloor as gevolg daarvan nie.
Wanneer gaan die regering wakkerskrik en agterkom dat hierdie beleid werk nie?
Die grond is aan hulle oorhandig, so, breek die hele lodge tot op die flippen fondasie af en vernietig alle infrastruktuur !!!!!!!!! Laat hulle dan op die blerrie grond gaan plak en kyk wat maak hulle dan daarmee.
Ek stem Dries, gee hulle die kaal stuk grond sodat hulle maar kan plak want niks sal tog weer op daai grond gebeur nie!
Die plek gaan stuk, stuk afgebreek en verkoop word tot daar niks oor is nie. Gaan dan maar weer terug plakkerskamp toe en los die grond net so.
En so is nog ‘n spyker in die NSA se doodskis geslaan!
Ai, dis jammer, Hulle net alles afbreek en verwoes.
So sal alles wat opgebou is, weer afgebreek word tot daar niks is. Het met verstomming gesien hoe bure se spogwoning afgebreek word en n plakkershut reg langsaan opgerig word.
Weet enige iemand wat van die Pelgrimsrust saga geword het ?
Interessant dat jy vra – dis darem ook nou al ‘n tydjie gelede ne. Hoop iemand kan lig op die saak werp.
ja daai bru is nog gat kant boentoe in daai graf.
Gaan terug oor n paar maande neem weer foto’s en kyk wat het oor gebly.
Ongelukkig ook weer een van daardie transaksies wat deur die Owerheid gedoen is op aandrang van
n gemeenskap wat nie oor die bevoegdheid beskik om dit te bestuur nie. Dit sal dus tot niks kom nie buiten dat ‘n massiewe klomp geld in die water gegooi is. Wat die gemeeskap nie beset nie is dat grond alleen geen waarde of rykdom gee alvorens dit nie ontwikkel of goed bestuur word nie. In hierdie geval is dit wel ontwikkel maar is daar geen doeltreffende liggaam wat hierdie R17m se waarde kan bestuur nie. Is dit geld in die water gegooi – dit lyk so !!!
Dit is baie ironies dat ALLE grondeise in Suid Afrika slegs op komersiële plase gedoen is. Geen eis is nog ooit op ‘n kaal, bar stuk grond gedoen nie. So ook is daar nie ‘n enkele geval waar oorname plaasgevind het en die plase steeds suksesvol bedryf word nie. Almal is bankrot – leeg gesteel en weggedra na die naaste skrootwerf toe. Geweldige werksverliese en ekonomiese inkomsteverliese word in die land gely maar regering statistieke wys die ANC skep werk en laat die land se ekonomie floreer! Belastingbetalers sluk en bly stil…en die DA werp alles in die stryd om Afrikaners se regte en toekoms te verseker…..of nie! Word wakker mense. Kyk hoe verloor julle alles wat saakmaak – moraliteit, godsdiens, taal, kultuur, regmatige grond…