Luyt het hartprobleme gehad

Dr. Louis Luyt. Foto: rugby365.com

Dr. Louis Luyt, sakeman en voormalige president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, het hartprobleme gehad voor hy Vrydag oorlede is.

“Hy is die afgelope jaar talle keer in die hospitaal opgeneem vir sy toestand, en uiteindelik was hierdie gebeurtenis (sy dood) nie onverwags nie, alhoewel skielik, “het Luyt se seun Louis Luyt jr. Vrydag gesê. Luyt (80) is in die Ethekweni-hospitaal opgeneem met ‘n toestand wat ‘n onreëlmatige hartklop veroorsaak. Na ‘n poging om dit reg te stel het Luyt egter onregeerbare ventrikulêre fibrillasie ontwikkel wat ongekoördineerde sametrekking van die kardiale spiere veroorsaak. “Ons is hartseer deur die afsterwe van hierdie staatmaker van die Suid-Afrikaanse samelewing, en hierdie steunpilaar van ons familie wat altyd daar was vir ons, ten alle tye en in alle situasies,” het Luyt jr gesê. “Terselfdertyd is ons werklik dankbaar vir die feit dat ons geseën was om familie van hierdie wonderlike persoon te wees.”

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, het sy medelye met Luyt se familie betuig. Luyt het vir homself naam gemaak as ‘n jong rugbyster. Hy het daarna die maatskappye Triomf Kunsmis en Luyt Brouerye gestig en het in 1984 beheer oor die Ellispark-stadion in Johannesburg namens die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) oorgeneem. Luyt het veral bekendheid verwerf vir sy betrokkenheid by die Inligtingskandaal van 1978 en sy beweerde finansiering om The Citizen-koerant namens die regering op die been te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martha Thompson ·

My innige meegevoel aan die familie en vriende van Mr Louis Lyt, n legende in ons tyd. Rus in Vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.