Lyk in ongelukswrak opgespoor

‘n 23-jarige man se liggaam is Saterdagoggend op die agterste sitplek van ‘n motor, wat in ‘n ongeluk betrokke was, opgespoor.

Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, is die kar tussen bosse langs die R555-pad in Witbank, Mpumalanga, opgespoor. “Die bestuurder van die voertuig was nie op die toneel toe paramedici opgedaag het nie,” het sy gesê.

“Weens die erns van sy beserings is dit bevestig dat die man ‘n slagoffer van ‘n aanranding was, wat glo naby sy huis in Phola plaasgevind het,” het Jackson bygevoeg. “Die bestuurder het moontlik gepoog om die man so gou as moontlik by ‘n hospitaal in Witbank te kry, toe hy, twee kilometer buite die dorp, op die R555, van die pad af gery en in die bosse in vasgejaag het.”

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie in Mpumalanga was nie dadelik beskikbaar om kommentaar te lewer op ‘n moontlike moordondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.