Lyk langs pad die van vermiste man

Kobus Zwart. Foto: Facebook

Die liggaam wat Donderdagoggend langs die R23 tussen Balfour en Standerton in Mpumalanga gevind is, is geïdentifiseer as die van die vermiste Kobus Zwart.

Beeld berig dat Zwart (36) Dinsdagaand laas gesien is nadat hy van sy werk in Midrand na sy huis in Alberton gery het. Sy vrou, Liezel, sê haar man het nooit by die huis gekom nie. Sy het hom Woensdag as vermis aangegee. Zwart se lyk is omstreeks 7:00 Donderdagoggend sowat 20km van Balfour gevind. Hy is glo verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die polisie het intussen Donderdagmiddag Zwart se bakkie in Ulundi in KwaZulu-Natal opgemerk. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Nog drie verdagtes is later in hegtenis geneem nadat Zwart se skootrekenaar en selfoon glo in hulle besit gevind is. Hulle sal Maandag in die Balfour landdroshof verskyn. Die egpaar het ʼn sewejarige seun, Logan.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.