“Só lyk ʼn post-regstellendeaksie Suid-Afrika”

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, dr. Dirk Hermann, gaan Woensdag September, by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees ʼn blik op ʼn post-regstellendeaksie Suid-Afrika aan die gehoor van die ATKV Boeke-Oase bied. Hermann sal ʼn alternatiewe model vir regstellende aksie bespreek, soos wat in sy nuutste boek oor die onderwerp, getiteld Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie (uitgegee deur Kraal Uitgewers), uiteengesit word.

“In die post-regstellendeaksie (post-RA) Suid-Afrika sal ons sien dat daar meer fokus op opleiding en ontwikkeling van die aangewese groep geplaas word. Een van die prominentste verskille in die post-RA Suid-Afrika is dat die klem nie meer op absolute rasseverteenwoordiging geplaas sal word nie, maar eerder op mense se sosio-ekonomiese omstandighede. Op hierdie manier sal die rasseangel uit regstellende aksie getrek kan word,” verduidelik Hermann.

Volgens Hermann is die tyd in Suid-Afrika nou ryper as ooit om ʼn sosiale dialoog oor die toepassing van regstellende aksie te voer. Verskeie prominente kenners, politici en oud-politici, insluitend Mangosuthu Buthelezi (leier van die IVP) en voormalige president F.W. de Klerk ondersteun ook in dié boek dié mening. Solidariteit het reeds verskeie politieke partye genader om ʼn parlementêre debat oor regstellende aksie in die parlement af te dwing sodat die huidige toepassing van regstellende aksie heroorweeg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Willemse ·

Ek wil teken maar julle site aanvaar nie die “handtekening” nie, miskien moet julle die IT afdeling vra om die gebrek te ondersoek

Susan Lombaard ·

Dagsê! Ons vra ons IT-afdeling om ondersoek in in te stel en na jou toe terug te kom. Groetnis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.