Lyk op Phuket-strand moontlik die van vermiste SA man

Mark Robson is sedert verlede maand vermis

ʼn Liggaam wat verlede maand op ʼn strand in Phuket in Thailand gevind is, is moontlik die van ʼn vermiste Suid-Afrikaner.

The Mercury berig dat die liggaam moontlik die is van Mark Robson (27) wat op 23 Januarie vermis geraak het in Phuket. Robson moes op 6 Februarie ʼn vlug haal van Phuket na Taipei, waar hy as ʼn Engelse onderwyser sou begin werk. Hy het nooit die vlug gehaal nie. Robson het Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap. ʼn Liggaam wat einde verlede maand op Freedom strand in Phuket gevind is, is moontlik die van Robson. Sy gesin, van Gillits naby Durban, het die liggaam voorlopig uitgeken as dié van hul vermiste seun nadat ‘n foto van die liggaam aan hulle gestuur is. Die Phuket Gazette berig dat vuilspel vermoed word, aangesien daar krapmerke aan die liggaam was en die liggaam gevind is waar dit in ʼn sittende posisie “gehang” het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.