Lyk val uit Air France-vliegtuig

ʼn Lyk het uit ʼn Air France-vliegtuig geval toe dit Niger se hoofstad in Wes-Afrika genader het.

“ʼn Inwoner het net ʼn paar meter weg gestaan van waar die liggaam Donderdag omstreeks 05:00 geval het,” het Abdou Labo, minister van binnelandse sake, gesê. Die polisie is ontbied en hulle het die liggaam in ʼn plas bloed aangetref. Daar was glo ook bloed op die linkervlerk van die vliegtuig.

Die vliegtuig was van Burkina Faso se hoofstad, Ouagadougou, onderweg na Parys, Frankryk. Beamptes hou tans die vliegtuig in Niamey om die bemanning en passasiers te ondervra. Ondersoekbeamptes sal ook die “omstandighede waaronder die passasiers op die vliegtuig geklim het” ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wena catherina Coetzee ·

Wowwwww NOU het ek sowaar alles gesien/gehoor………….Ek weet nie wat ek sou gemaak het as n lyk moet neer plof digby my, vanuit n vliegtuig………ouch dis erg !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.