Lyke glo vir R800 te koop

Argieffoto

Argieffoto

Bewerings van lyke wat by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg verkoop word, word ondersoek.

“Die departement beskou sulke bewerings in ʼn ernstige lig en sal nie huiwer om ernstige stappe te doen teen enige werknemer wat aan wangedrag skuldig bevind word nie,” het Hope Papo, LUR vir gesondheid, Maandag gesê.

Die ondersoek volg ná bewerings dat ʼn lyk vir R800 aan ʼn begrafnisondernemer verkoop is.

Die departement het ook gehoor dat personeellede sonder magtiging begrafnisondernemerseëls bekom het, en dat nog ʼn liggaam uit die hospitaal se lykshuis aan ʼn begrafnisondernemer oorgedra is sonder toestemming van die familie.

Die departement sê die drie mense wat beskuldig word, is ontslaan en na ander eenhede toe oorgeplaas. ʼn Ondersoek oor die liggaam wat oorgedra is, word ook ondersoek.

Bestuur van die hospitaal wag op die uitslag van die ondersoek om te bepaal of kriminele klagtes gelê gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pieter potgieter ·

Sies waarvoor gebruik hulle dit vir maalvleis of wors. Dit moet vinnig bloot ge_le word. O ja maroela media dit is ongemaklik om elke keer al my naam en E mail adres in te vul voor n mens komentaar kan lewer op jul berigte. Wil julle nie asb kyk daarna nie. Veral na alles en n gewag na vyf min word komentaar nie geplaas.

pieter potgieter ·

Baie dankie ek geniet julle baie en ook jul berigte. Dankie julle is wenners.

Trippie ·

Watse baat vind die begrafnisondernemer(s) hierby om lyke op te koop ?

Griet ·

Hulle (die begrafnisodernemer) vind baat daarby omdat hulle die begrafnis reël en die familie hom BETAAL daarvoor….

Blanke Boerevolk ·

Ek weet van baie Polisie Beamptes wat lyke verkoop. Ek het dit al vir jare deurgegee aan die kommisarisse en dit duur nog steeds voort. Ek weet ook van hospitale wat lyke aan begrafnis ondernemers verkoop. Die portiere loop met ongeveer 5 selfone en kyk watter ondernemer betaal die meeste. Verlede week is 4 lyke teen R1600 per lyk verkoop

leon ·

Nee kyk eks sowaar nou te bang om dood te gaan. Netnou beland ek in n pot sop van n malletjie. Gelukkig is ek maer so hulle sal nie baie vleis kry nie. Ek sal seker maar n cheap lyk wees.

Blikskim ·

Laat my altevol dink aan die insleep aasvoëls wat so op straathoeke in hulle trokkies sit en wag met selfoon in hand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.