Lykswa-ongeluk eis nog een

Argieffoto

‘n Vierde persoon het gesterf ná ‘n ongeluk Vrydag tussen ‘n Toyota Venture en ‘n lykswa in Uitenhage in die Oos-Kaap.

“Die passassier in die forensiesepatalogie-voertuig het by Cuyler-hospitaal gesterf,” het lt.kol. Priscilla Naidu gesê. Die bestuurder van die Venture en twee van sy passasiers is dood toe hulle Vrydag omstreeks 10:00 in ‘n lykswa van die departement van gesondheid op Ou Kaapseweg vasgery het. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Twee ander passasiers van die Venture en ‘n persoon van die lykswa sterk aan in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig die Venture was ‘n taxi onderweg na Kwanobuhle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.