Ma aan polisie: “Kom maak my kinders bang!”

Melissa Townsend

Melissa Townsend, ‘n ma van Florida in Amerika, het glo die polisie se 911-inbelsentrum geskakel en hulle ontbied om haar kinders “skrik” op die lyf te jaag.

Volgens operateurs van die 911-inbelsentrum het Townsend in die oproep verduidelik dat haar kinders, onderskeidelik een en drie jaar oud, “nie vir my luister nie”, berig WKMG. “Hulle moet leer hoe om respek te betoon en hulle moet leer van mense in gesagsposisies,” het Townsend glo gesê. “Ons maak nie kinders bang nie,” het die operateur glo geantwoord. Die polisie is egter wel na die toneel ontbied en die 27-jarige Townsend was glo onder die invloed van alkohol en het een beampte ‘n paar keer in sy lies geskop. Beamptes van die Brevard County-polisiekantoor het haar in hegtenis geneem en sy word van kinderverwaarlosing, aanranding van ‘n polisiebeampte en verset teen inhegtenisneming aangekla.

Haar kinders is tans by familielede in veilige bewaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cecelia ·

Sies!!!!! watter skande van n Ma. Sy kan beslis nie n ma genoem word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.