Ma bied R50 000 aan om seuns te moor

ʼn 50-jarige vrou van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy glo R50 000 vir iemand aangebied het om haar twee seuns te vermoor.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die vrou is in Gamalakhe in Port Shepstone in hegtenis geneem. “Die vrou het na bewering ʼn familielid, wat onlangs uit die tronk vrygelaat is, genader om haar seuns te vermoor en hom R25 000 per kind aangebied,” het Naicker gesê. “Die beweerde motief vir die beplande moorde was om versekeringsgeld te bekom op ʼn polis wat sy vir haar seuns uitgeneem het.”

Die familielid het die saak by die polisie aangemeld. ʼn Polisiebeampte, wat hom as ʼn huurmoordenaar voorgedoen het, het haar by haar huis in hegtenis geneem nadat sy foto’s van haar seuns gaan haal het om vir hom te gee. Haar seuns was tydens die voorval by die huis.

Die ma, van drie kinders, moet binnekort in die Port Shepstone-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van sameswering tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

MONEY MONEY MONEY !

Nee gits, ek het nie woorde nie, of eintlik het ek – twee woorde, “MENTAL CASE” !

Stoere Boer ·

Maggies die Wilde Weste kan by die Nuwe SA kom leer. Hier gaan dit nou so erg jy kry sommer mense om jou kinders te vermoor vir geld. Of as jy verkil van iemand maak jy hom dood en as hy wit is dan het jy ‘n “goeie rede” om hom/haar te vermoor veral as hulle oud is en jy deel van die cANCer is. Nie eers in die Wilde Weste tyd het mense so gelewe nie. Jy moet voortdurend oor jou skouer kyk oor wie bekruip jou.

Lizette ·

Dis vreeslik!! Ek kan nie glo dat mens iemand wil huur om jou kinders dood te maak, en dit net om geld te kry nie! Ek sal my lewe vir my seun gee!!!!! Nee hel waarheen is die samelewing oppad??? Elke dag gebeur daar iets wat mens meer skok!!!! Ek kan dit nie glo nie, so ‘n ma moet totaal en al SIEK wees!!!!

susan ·

.. en in die ander media word daar genoem dat sy vir familie-afslag gevra het!

JAVR ·

Jip en belowe as die 2 goed afloop sy vir hom nog 3 het om te doen! Regte ou Daisy de Melker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.