Ma borsvoed baba op haar poegie

Foto: Orange News

Foto: Orange News

‘n Vrou van Yuchou in China is voorgekeer terwyl sy haar 18 maande oue seun geborsvoed het terwyl sy op haar bromponie gery het.

Die jong ma het glo deur die verkeer gevleg met haar kind in haar arms toe die kind begin huil het, berig Orange News. Ooggetuies sê die ma het die kind begin borsvoed terwyl sy een hand op die handvatsels gehou het.

Beamptes van die metropolisie het haar afgetrek voordat sy ‘n ongeluk kon veroorsaak. “Sy het haar eie lewe, haar seun se lewe en die lewe van ander motoriste in gevaar gestel,” het ‘n polisiebeampte gesê. “Ons het vir haar gesê as sy daarmee voortgaan, gaan ons beslag lê op haar fiets.”

Die onbekende vrou is egter nie die eerste wat hiervan aangekla word nie. Catherine Donkers (29) is in Junie 2008 in Amerika voorgekeer toe sy haar dogter tussen Detroit en Pittsburgh geborsvoed het terwyl sy bestuur het. “Dit is nie asof ek ‘n doek probeer omruil terwyl ek bestuur nie. Sy lê maar net daar op ‘n kussing op my skoot,” het Donkers aan ABC News gesê.

Genine Compton is in Februarie 2009 in Ohio, Amerika voorgekeer terwyl sy haar baba geborsvoed het en boonop op haar selfoon gepraat het terwyl sy bestuur het, het WHIO-TV berig. “As my kind honger is, gaan ek hom voer,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Seg Net ·

Ag nee hel, die kind kon in ‘n ongeluk omgekom het, maar sal verseker nie so gou van die honger omkom nie. Onverantwoordelike ouers is gevaarlike ouers. Soos die man met die kind agter die motorfiets.

Trippie ·

More julle 2 !

Nee gits, dis soos hier in Pretoria waar die swart volk enige tyd, enige plek die bloes oopruk en die kleintjies laat drink – EH-EH.

Moet erken, hierdie een van die koek.

Erich Goosen ·

Ek het nog altyd gesonde respek gehad vir die skone geslag se vermoe om te ‘multitask’. Ek wil net ‘n dringende beroep op die ma doen om nie so op ‘n sinkplaatpad te ry nie. Die stomme bloedjie lek nog te jong vir vleis! (As die ma nou ‘n dubbelsyfer bra dra moet sy darem seker ‘n swaarvoertuiglisensie he of wat?

Jasper ·

As die bike n spiëeltjie gehad het sou sy seker nog hare ook gekam het terwyl sy haar selfoon antwoord

Trippie ·

Skerp Jasper ;) Verskil net in een opsig, hier in Pretoria sit die dames hul mascara aan so tussen die bestuur deur.

Trippie ·

Hehe Seg Net, dis die EEN mooi-maak dingetjie wat ek nie gebruik nie ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.