ʼn Ma en haar dogter is glo deur die dogter se voormalige kêrel vermoor in Rustenburg in Noordwes.
Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, sê die kêrel het glo omstreeks 3:00 Saterdagoggend by die ma en dogter se huis ingebreek. Hy het sy voormalige meisie in die maag en bors geskiet. Toe haar ma probeer ingryp is sy in haar gesig en twee keer in die bors geskiet. Sy is op die toneel dood verklaar. Haar dogter is later in ʼn plaaslike kliniek oorlede. Die dogter het ʼn beskermingsbevel teen haar voormalige kêrel gehad. Funani sê die man is steeds soek.