Ma en baba dogtertjie doodgery

ʼn Ma en haar 2-jarige dogtertjie is doodgery toe hulle ʼn snelweg wou oorsteek en ʼn voertuig hulle getref het.

Die ongeluk het Dinsdagmiddag op die N17-snelweg in Springs tussen die Osbourne- en Rondebult-afrit gebeur.

“Die ma, in haar laat twintigs, het glo die kind op haar rug gedra,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, gesê. “Die dogtertjie is op slag dood. Die vrou het aan haar beserings beswyk terwyl paramedici vir ʼn helikopter gewag het om haar na ʼn nabygeleë hospitaal te neem,” het Jackson gesê.

Volgens Jackson is die insittendes van die voertuig ongedeerd. “Hulle is wel baie getraumatiseerd, maar het nie nodig gehad om na ʼn hospitaal geneem te word nie,” aldus Jackson.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.