Ma en seun deur vragmotor getref

ʼn Ma en haar 5-jarige seun is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagmiddag van agter af teen hul voertuig gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op die M10-pad in Bloemfontein plaasgevind. “Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die ma het ernstige beserings opgedoen en haar kind is gering beseer. Albei is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.