Ma en seun in Wes-Rand vermoor

ʼn 60-jarige vrou en haar 35-jarige seun is dood in hul huis in die Wes-Rand aangetref, het die Gautengse polisie Dinsdag gesê.

Ao. Solomon Sibiya, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Azaadville plaasgevind. “Dit wil voorkom of dit ʼn huisbraak was, want die hele huis is geplunder. Albei slagoffers is verwurg, te oordeel aan die merke aan hul nekke,” het Sibiya gesê. “Die polisie is steeds besig om te bepaal wat alles uit die huis gesteel is.”

Volgens Sibiya is die polisie op soek na die huishulp wat intussen vermis geraak het. “Die huishulp, ʼn vrou van Malawi, word vermis. Haar paspoort, selfoon en ander besittings is steeds in haar kamer,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boere-meisie ♡ ·

En hoe nogal bepaal die polisie wat als gesteel is ? Gaan seker hulle self ook eers ‘n bietjie help.

Flash ·

Jy dink jy doen goed om die ‘arme’ werlose swart vrou in te neem, te voed en te klee en leefbare loon te betaal. Per slot van sake vrek hulle van ellende in Malawi.
Nou word jy vermoor deur haar ras.
RSA is in ‘n onverklaarde ras oorlog gewikkel. Ongelukkig is ons wittes wetsgehoorsame eerlike mense wat ons nie tot moord kan wend nie. Ons is net nie so nie. Die geweldenaars en barbare is ongelukkig nie aan die wet wat op die hart geskryf is onderdanig nie.
Steeds het ons empatie en neem ons hulle in en gee liefde.
Laat hulle goddeloosheid deur die Here gestraf word. Aan Hom kom toe die wraak.

Miss Knysna ·

Ek doen my huis werk self. Ek gee niks vir charity nie want “charity begins at home”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.