Fallon Barlow (24) en haar vierjarige seun, Brandon Steyn, wat sedert 8 Januarie vermis was, is opgespoor.
Die twee was die laaste keer gesien toe hulle hul huis in Kameeldrift in die noorde van Pretoria verlaat het. Die organisasie Missing Children SA het gesê die ma en seun is veilig en ongedeerd. “Die saak is afgehandel en ons mag nie meer inligting bekend maak nie,” het hulle gesê. “Ons wil almal bedank wat gehelp het om hul op te spoor, in besonder vir kapt. Uys en haar span vir hul harde werk.”