Ma en twee kinders dood aangetref

ʼn Vrou en haar twee seuns is Sondag dood in hul huis in Fourways, Johannesburg, aangetref.

Ao. Balan Muthan, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê hul liggame is Sondagaand om 21:00 gevind. “Dit wil voorkom of die vrou ʼn oordosis van ʼn onbekende middel ingeneem het, en dit ook aan haar seuns, onderskeidelik 12 en 17 jaar oud, gegee het,” het Muthan gesê.

Dit is in die stadium nog nie bekend wat die middel is nie. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.