Ma en twee kinders opgespoor

Isabella Snook en haar twee kinders wat sedert Sondag vermis is, is opgespoor.

Snook en haar twee kinders, Angel (9) en Andrew (3), is die laaste keer gesien nadat hulle van hul huis in Vanderbijlpark vertrek het om vir haar ma in Henley on Klip, suid van Johannesburg, te gaan kuier.

Missing Children SA het Vrydag die goeie nuus gedeel dat die drie opgespoor en veilig is. Daar was in ʼn stadium gerugte dat Snook se voertuig, ʼn wit Isuzu-bakkie, verlate naby ‘n informele nedersetting gevind is. Geen verdere inligting is onmiddellik beskikbaar nie.

Die polisie in Vanderbijlpark het sedert Donderdag nog nie terugvoer aan Maroela Media gegee oor die aangeleentheid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.