Ma erken moord op ‘vermiste’ seuntjie

Tauriq Jacobs

Die ma van die tweejarige Tauriq Jacobs, wat se lyk Saterdagmiddag gevind is na hy vir twee dae vermis was, het erken dat sy hom vermoor het.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê Jacobs se ma het Saterdagaand erken dat sy haar seuntjie vermoor het nadat sy vroeër die dag in hegtenis geneem is. Jacobs se lykie is omstreeks 14:00 Saterdagmiddag in ʼn vlak graf by Laerskool Imperial in Beacon Valley gevind. Filander sê Jacobs se lykie is deur lede van ʼn buurtwag gevind. Jacobs is as vermis aangegee nadat hy Donderdagoggend laas by ʼn busstop in Mitchells Plain gesien is. Jacobs se 36-jarige ma sal na verwagting Dinsdag in die Mitchells Plain landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

@vaakjoe_2 ·

Dis sad, baie sad! Ek het oor die nuus gehoor hoe hartseer die vriende en familie was wat na die kind gesoek het. En dit terwyl n Tikkop van n ma (lees verskoning van n ma!), die kind self doodgemaak het! Aan die eenkant kla mense oor die gansters die kinders moor en die ouers(in die geval) moor hul eie kinders… Wtfudge? Nee wat, doodstraf vir julle! Maak oop daai museums en hang sommer in die openbaar! As dit nie mense afskrik nie sal niks!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.