Ma gooi glo self, kinders voor trein in

ʼn Vrou en haar twee kinders is Dinsdagoggend deur ʼn trein buite Eerste Rivier in die Wes-Kaap doodgery.

ʼn Woordvoerder van Metrorail, Lindelo Matya, het aan EWN gesê dat die vrou glo haarself en haar twee kinders voor die trein gegooi het. “ʼn Vrou en haar twee kinders het glo langs die spoor gestaan en toe selfmoord gepleeg.” Die saak word ondersoek. Intussen is treine in die rigting van Strand vertraag as gevolg van die voorval.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.