Ma gooi suur oor dogter toe sy na seun “kyk”

ʼn Ma wat haar tienerdogter vermoor het deur haar met suur te gooi, het erken sy het dit gedoen omdat die meisie na ʼn seun gekyk het.

Die polisie van Kashmir, onder administrasie van Pakistan, het Mohmed Zafar en sy vrou, Zaheen, onlangs in hegtenis geneem nadat hulle op 29 Oktober suur oor hul 15-jarige dogter, Anusha, uitgegooi het. Anusha het twee dae later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die BBC was met die ouers in gesprek terwyl hulle in polisie-aanhouding was. Die ma het aan die BBC gesê Anusha was bestem om so dood te gaan. Die pa sê hulle het haar verskeie kere gewaarsku om nie na seuns te kyk nie. Anusha het glo gesê sy doen dit nie aspris nie en het om haar lewe gepleit.

Volgens aktiviste kom sogenaamde “eer”-aanvalle gereeld in die uiters konserwatiewe Pakistan voor. Verlede jaar is meer as 900 mense vermoor nadat hulle beskuldig is dat hulle “skande oor hul familie” gebring het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Margriet ·

Weereens sy is siek in die kop
sulke mammas verdien nie kinders nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.