Ma in koma, ongebore baba gesond

ʼn Jong verwagtende vrou, wat al vir amper twee maande in ʼn koma lê in ʼn Potchefstroomse hospitaal, se ongebore babadogtertjie is gesond en ontwikkel normaal.

Rapport berig Didi van der Merwe (21) was op 3 Oktober in ʼn gru-ongeluk betrokke en is sedertdien in ʼn semi-koma nadat sy ernstige kopbeserings opgedoen het. Die ongeluk was net tien dae na van Der Merwe, wat ses maande swanger is, se troudag. Van Der Merwe was alleen in die motor en is uitgeslinger nadat dit gerol het. Haar man, Chris van der Merwe (23), is elke dag langs haar hospitaalbed en sê hy hoop sy vrou en ongebore baba sal vir Kersdag huis toe kan gaan. Van der Merwe sê die verwagte datum van hul dogtertjie, Yalinka, se geboorte is begin Maart.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.