Ma in sop ná bomdreigement na lugredery

ʼn Ma is in die sop na sy ʼn bom dreigement na ʼn lugredery gemaak het om só glo te verhoed dat haar dogter ʼn vlug van Johannesburg na George onderneem.

“Die ma het Woensdag ʼn kort boodskap gelos. Sy het ingebel en gesê sy wil met ʼn bestuurder praat. Na die oproep deurgesit is, het sy aan die bestuurder gesê daar is ʼn bom op een van die vliegtuie,” het Blacky Komani, 1Time se hoofuitvoerendebeampte, aan The Star gesê.

Toe die vliegtuig in George land moes passasiers van vlugte verskuif word. Beamptes en die polisie se bomeenheid het die vliegtuig deursoek wat die res van die vlugte erg vertraag het.

Die polisie se bomeenheid kon niks opspoor nie, het sersant Nigel Olifant aan die koerant gesê.

Komani het gesê verdere ondersoek het getoon dat die ma die oproep gemaak het. Dit is nie duidelik hoekom sy nie haar dogter op die vlug wou hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.