Ma, kêrel glo vas oor lyk op strand

Die ma van ʼn vermiste meisie is glo saam met haar kêrel in hegtenis geneem nadat ʼn liggaam Vrydag op ʼn strand in Muizenberg gekry is.

Die Weekend Argus berig dat die vermiste Savannah Mersin (8) se ma en kêrel glo in hegtenis geneem is nadat Savannah se liggaam glo in ʼn vlak graf op ʼn strand naby Muizenberg gevind is. Dit is bekendgemaak deur Savannah se pleegma, Felicity Coetzee, en haar ouma, Gadija Titus. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Andre Traut, wou dit egter nie bevestig nie. Volgens Coetzee en Titus word Savannah se ma en haar kêrel sedert Vrydagaand by die Steenberg-polisiestasie aangehou. Die paartjie is glo naby Sunrise-strand, waar die liggaam gevind is, gesien. Die liggaam moet egter steeds uitgeken word. Savannah is sedert Dinsdag vermis. Sy het haar skoolklere aangehad toe sy die laaste keer omstreeks 15:00 voor die skool se hekke gesien is. Coetzee en Titus sê volgens die polisie is die kind met ʼn plastieksak oor haar kop gevind en is sy met ʼn skoolhemp verwurg.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.