Ma, kêrel ure na seuntjie se begrafnis in tronk

Anthony Erasmus (5) se ma Cindy-Lee Jansen (25) en haar kêrel Marko Barnard (29) is gister ure na sy begrafnis in hegtenis geneem vir moord en kindermishandeling.

TimesLive berig dat Anthony op 4 November sy vyfde verjaarsdag gevier het en twee dae later was hy dood. ʼn Handjievol familielede, insluitend Anthony se 6-jarige en viermaande oue boeties, het gister sy begrafnis in Hartbeespoort bygewoon. Sy broers is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem. Jansen en Barnard het hulle gister ure na die begrafnis by die Hartbeespoort-polisiestasie oorgegee en hulle sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag van moord en kindermishandeling. Volgens die berig het Anthony se ma en haar kêrel hom met sigarette op sy geslagsdele en rug gebrand. Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, sê Anthony het kopbeserings opgedoen en sy lyf was vol kneusplekke. Makau sê die nadoodse ondersoek het gewys dat Anthony ʼn bloedklont op sy brein gehad het. Jansen se ontstoke ma het gister op joernaliste afgestorm buite die kerk. “Julle mense is vieslik. Julle het geen skaamte,” het sy aan hulle gesê. ʼn Familielid het buite die polisiestasie aan verslaggewers gesê hulle kan dit nie glo nie. “Dit kan net nie waar wees dat twee sulke vredeliewende mense so iets kon doen nie. Dit moet ʼn fout wees.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.