Ma, kind sterf ná kar sonder petrol staan

ʼn Vrou en haar 5-jarige kind is dood nadat hul voertuig in ʼn botsing betrokke was toe dit Saterdag sonder brandstof op ʼn snelweg gaan staan het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Die voertuig het in die middel van die snelweg gaan staan. Die slagoffers is op slag dood nadat ʼn bakkie van agter af teen hul voertuig gebots het,” het Banks gesê.

Die vrou en haar kind het op die agterste sitplek van die voertuig gesit. Die persoon wat bestuur het, die slagoffer se broer, het ernstige beserings opgedoen en moes uit die voertuig gesny word. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die bakkie het geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.