Ma, kinders sterf in brand

ʼn Ma en haar twee kinders is dood en nog ʼn man is beseer toe hulle huis aan die brand geraak het in KwaZulu-Natal.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Willies Mchunu, sê die polisie is Maandag na die brandende huis in Mbitane buite KwaMaphumulo ontbied. Mchunu sê die polisie het met hulle aankoms die lyke gevind van die 48-jarige ma en haar seuns, onderskeidelik vyf en agt jaar oud. Die beseerde man is na die Umphumulu-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.