Ma, kinders sterf weens rookinaseming

ʼn Ma en haar twee kinders is weens rookinaseming dood in hul plakkershut in Willarsfarm, suid van Johannesburg.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die ma en haar twee kinders is Dinsdagoggend op die toneel dood verklaar. Hy sê hulle is weens rookinaseming dood nadat hulle aan die slaap geraak het terwyl ʼn vuurtjie in die plakkershut nog gebrand het.

Mulaudzi sê ʼn man is intussen dood nadat sy plakkershut aan die brand geslaan het in Northriding. “Die voorval het vroeg Dinsdagoggend plaasgevind. Hy het onherkenbaar verkool.” Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.