Ma, kinders vermis

Isabella Snook en haar twee kinders word sedert Sondag vermis nadat hulle van hul huis in Vanderbijlpark vertrek het om vir haar ma in Henley on Klip, suid van Johannesburg, te gaan kuier.

Volgens Missing Children SA het Snook en haar twee kinders, Angel (9) en Andrew (3), in ʼn wit Isuzu-bakkie gery met die registrasienommer VBM762GP. Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

Enigiemand met inligting kan die Vanderbijlpark-polisiekantoor kontak by 016 910 9000 of Missing Children SA by 072 647 7464.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.