Ma kry 10 jaar vir baba-moord

Lumke Jordan (27) is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar pasgebore baba.

Jordan het skuldig gepleit vir die moord op haar baba en die verberging van ʼn geboorte, berig Daily Voice. Sy het in Julie 2011 haar pasgebore babatjie se keel afgesny, en amper in die proses onthoof. Sy het daarna die liggaam in ʼn swartsak gesit en op ʼn vullishoop by die Never-Never informele nedersetting in Philippi gaan stort, waar kinders op dié gru vonds afgekom het.

Die ma het glo die misdaad vergelyk met “soos om ʼn hoender dood te maak”. Sy was glo onsuksesvol om ʼn aborsie in ʼn kliniek te bekom en het ook ʼn tradisionele geneesheer genader.

Regter Thandazwa Ndita het gesê dit is duidelik dat Jordan die daad gepleeg het weens finansiële probleme en ʼn gebrek aan ondersteuning van die kind se pa. Ndita het egter gesê Jordan kon die babatjie maklik laat aanneem het.

Die hof het haar ouderdom, haar kinders, die tyd wat sy reeds in aanhouding spandeer het en sosio-ekonomiese toestand, in ag geneem voordat sy gevonnis is.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

juanita ·

dink dis uitsers swak,sleutel moet sommer weggegooi word,daars geen verskoning vir wat sy gedoen het nie.

Hoekom maak jy babas as jy weet jy kan nie vir die baba sorg nie?????

EVER HEARD OF USING PROTECTION?????????

Same goes to all of you who ever abused or killed a baby,the baby didnt asked to be here.

Bianca Britz ·

Ek stem 1000% saam met jou Juanita, maak mens siek dat die arme kinders daaronder moet ly omdat volwassenes nie kan dink nie!

janine ·

Ek stem saam.. Eks n enkel moeder met geen ondersteuning van die pa nie en sit ook sonder werk maar genade my seuntjie is al n jaar oud en dood maak was nog nooit die opsie nie! Ek is gelukig met my seun want dis n geskenk van God . Hoekom aborsie en dood maak as mens hulle eerder kan laat aan neem as jy nou rerig nie na die kind kan kyk nie? Nee wat sleutels moet ver weg gegooi word! Ek kan nie glo mense doen dit nie! Genade dankie tog ek het my seun baie lief en druk deur al is dit hoe moeilik!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.