Ma neem glo ook eie lewe na seun se selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Pretoria het glo vroeër die week haar eie lewe geneem kort nadat haar seun homself geskiet het.

Pretoria-Oos Rekord berig dat Erik du Preez, ʼn matriekleerling aan St. Alban’s College in Lynnwood, homself vroeër die week doodgeskiet het. Volgens die berig het Du Preez se ma, Ingrid, kort hierna ook haar eie lewe geneem. Sy het volgens berigte aan paramedici op die toneel gesê dat sy nie sonder haar seun kan lewe nie. Sy was glo ʼn alleenouer en hy was glo haar enigste seun. Volgens die berig het die hoof van die skool Dinsdag aan leerlinge die skoknuus oorgedra.

Lees meer hier.

BRON: Pretoria-Oos Rekord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugenie ·

Hierdie is meer as net hartseer. Waarom en wat het die jong seun oor die drumpel laat tree. Waar het hy die vuurwapen gekry? Wie sal ooit die hartseer van ‘n moeder verstaan? My hart is in stukke vir hierdie twee mense.

Aan die familie, dit is verseker nie maklik om twee suksesvolle selfmoord-gevalle te aanvaar of te verwerk nie. Soveel hartseer op een slag.

Baie sterkte aan julle.

Eben ·

Goed gestel Eugenie …. dis so onnodig en al die onbeantwoorde vrae. Sterkte aan die betrokke familie en vriende

Laura du Plessis ·

Baie dankie. Ons familie is vuisvoos oor hierdie tragedie. Laura du Plessis

Hendrina ·

Die enigste seer, seerder as om jou kind aan die dood aftestaan is as die kind sy eie lewe geneem het, dan is dit dubbeld seer. As so-iets met my moet gebeur sal ek ook selfmoord pleeg.
Ek bid vir die familie wat twee geliefdes op so ‘n wyse verloor het, mag hulle die nodige vetroosting vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.